Hier slaap ons die nag in 'n lekker kamp. Elvis Presley Campground in Elvis Presley Blvd in Memphis. Gaan weer daar aan as ons teruggaan en dan gaan ons vir Elvis hallo se. Ons staan in 'n "pullthrough" - jy hoef nie die kar los te maak nie, slaap net so die nag en ry more verder. Dis lekker groot staanplekke. Party van die ou mense kan ook nie meer " back in " met hul groot karavane nie - staan dan in die pullthrough's. Ook vir die groot 45vt busse.