Dag 9:Nog ‘n lang stuk Namibie!

Trip Start Mar 31, 2011
1
10
Trip End Apr 10, 2011


Loading Map
Map your own trip!
Map Options
Show trip route
Hide lines
shadow

Flag of Botswana  ,
Saturday, April 9, 2011

08 April 2011

5uur vanoggend is ons klaar gepak en reg om te ry! Dis nog pik donker buite en dis effens koelerig met 'n windjie wat waai. Ons eerste stop is Usakos, waarna ons Karabib en Okahandja deurmaak. Ons kyk na die Arts and Crafts Market op Okahanja, waar ons ‘n kontak kry( Geoffrey "Klippe") by wie ons twee Goue Topaas steentjies gekoop het.

Ons het beplan om vanaand net duskant die grens in Namibie te slap by Eastside Rest Camp naby Buitepos grenspos. Mens kan sien ons beweeg meer na SA se kant toe, dit word weer mooi groen en ons begin ‘n paar diertjies weer sien en die riviere is nie droog nie..Ons kom om 11uur in Windhoek aan, die hoofstad van Namibie. Dit is die eerste keer in ‘ paar dae wat ons ‘n volwaardige stad teekom. Dit is opvallend hoe skoon en netjies alles hier in Namibie is, die regering doen moeite om te verseker dat mense nie Rommel strooi nie en dat hulle infrastruktuur goed onderhou word. Ons ry bietjie rond en kyk na die stad, wat ook ‘n bepaalde Duitse invloed het. Ons eet lekker by Raiths Deli and Bakery in Independencestraat. Ek moet se uit al die kaaskoek wat ek op die proef gestel het die vakansie was hulle sn by verre die beste, en uit al die sjokolade melkskommels wat Erik die vakansie op die proef gestel het was hulle s'n ook die beste! Ons ruil ook sommer ons dollars om vir Botswana Pulas by die Thomas Cook Currency Exchange( dit is die enigte plek in Windhoek waar ons kon Pulas kry).

Om 1h30 ry ons weer, die keer ons volgende stop Gobabis waar ons stop vir die bekende Gobabis Biltong. Ons koop bietjie biltong en droewors by die Gobabis Bakkery, sowel as R2.00 bruinkoeke (ons weet nie eintlik wat dit is nie haha) en koeksisters! Daarna ry ons die laaste 100km of so na Buitepos grens toe, en dit was omtrent 5uur. Toe maak ons die besluit dat ons slaapplek in Botswana sal kry dan hoef ons nie more so ver te ry nie. Ai. Na ons omtrent 7 plekke gebel het (wat almal vol was) kry ons plek by Echo Lodge net buite Kang, wat nog so 400km na die grens is. Ons kon ook toe nie teruggaan in Namibie in nie, so toe het ons maar die pad aangedurf en half12 by die Lodge aangekom! Nota: Daar is verskriklik baie donkies en beeste langs die pad en in die, so moet eerder nie meer as 90km/h ry in die donker nie!
Gaborone hotels

Use this image in your site

Copy and paste this html: