Namutoni
Trip Start
Jun 29, 2007
1
9
10
Trip End
Jul 01, 2007
Ons is darem betyds deur die hekke om die panne binne te gaan. En ons het veilig gery tot by Namutoni. Nog oppad Namutoni toe sien ons 'n steenbokkie en Bean neem amper sy film of kaart vol. Aangekom by Namutoni soek ons die Robertsons. Hulle is nerens te siene nie. Ons stop toe en loop na die watergat toe, om te kyk of hulle nie dalk daar is nie, maar geen teken nie. Ons spoor toe hulle kamp op, maar geen mens nie. Toe ry ons maar so 'n draai en sien omtrent net kameelperde. Later is ons terug kamp toe en toe ontmoet ons die Robertsons. Dis nou Eileen se ma en pa en haar jonger suster, Lize. Tente is opgeslaan en en die vuur is aangesteek en ek het vir ons 'n lekker skaaprib oor die kole gegooi. Snaaks ek kan nie onthou wat die bykosse was nie. O ja, dit was gebrande aartappels. Maar dit was nie die einde van die aartappels nie, want nie 'n stikkie oorskiet het verlore gegaan nie. Die aand het die jakkalse alles gesteel. Net soos wat 'n jakkels dit seker kan doen. Een, twee, drie, alles weg. Sweer as hulle meer tyd gehad het was die vleisbak ook saam bos toe. Ons is toe almal later na die watergat toe om te kyk wat gaan aan. Groot was die excitement toe 'n jakkals kom waterdrink, want dit was al wat die hele aand kom drink het. Dit was seker een van daai jakkalse wat bietjie water nodig gehad het om die skaaprib mee af te sluk. Vanaand slaap ek 'n hond uit 'n bos. Iemand snork lekker, wonder of dit Bean of die oom is, maar hulle gee die haenyas 'n lekker "go".
Lekker slaap almal...
Lekker slaap almal...


