Affie-koor gee jou vlerke Graz 3

Trip Start Jul 05, 2008
1
7
17
Trip End Jul 18, 2009


Loading Map
Map your own trip!
Map Options
Show trip route
Hide lines
shadow

Flag of Austria  ,
Thursday, July 10, 2008

Wie laat kom en deur vensters klim om die 2 euro te ontduik.... begin die dag op 'n vroeg oggend hoogtepunt saam met Mnr du Plessis, met tienstelle trappe voor 'n pragtige kerkgebou (Miskien gepas vir die oortreders)

Na 'n heerlike ontbyt, vertrek die affie-koor na die Orpheum. Die oomblik van waarheid het aangebreek.

Almal op die verhoog laat reg geskied aan ons motto."Sing om mense se harte aan te raak". Na die uitdunrondte van die CAT 26 (Popmusiek) is die ouers in trane , die manne juig en juffrou Hannelize glimlag breed. Michael Ugri van Leibnitz bied aan om ons busse te betaal sodat ons 'n Friendship concert in Leibnitz op die stadsplein kan hou voor 'n verwagte skare van 800 mense.

Nou gaan dit mal!!...........Tannie blikskud jy sal trots wees op die seuns, hulle sing in die hoofstraat in Graz en samel gou  100 euro in. Ons moet net almal tot bedaring bring, sodat die stemme hou.

Die kompetisie is geweldig strek en ongelooflike koorklanke word om elke hoek en draai gehoor.

Dankie vir almal se pragtige boodskappe. Dit word waardeer!!

Ons behoort teen môre middag se kant te weet of die affie-koor in die finaal sing.Sal vinnig laat weet
Slideshow Report as Spam

Comments

leonorapretor
leonorapretor on

raai raai...
hallo aan almal ! Raai - raai ...wat is blou en groen en goud ? Die agtergeblewenes in Gauteng ( die ouers wat agtergebly het ! ) Ons is blou van die koue , groen van jaloesie en blink soos goud van trots. Baie sterkte vir vandag. Ons bid vir julle.Laat die talent waarmee julle vandag optree tot seën wees vir elke oor wat dit hoor.
Geniet elke wonderlike oomblik. Baie liefde van Elias en Leonora Pretorius.

tertiusd
tertiusd on

STUUR NOG FOTOS!
Dankie JP vir jou epos!
Sterkte met vandag se optredes, ons dra julle in ons gebede. Ons is trots op julle en weet dat julle beloon gaan word vir al julle harde werk. Al die Ouers beplan n braai Sondag by AHS om te 'party'. Groete Tertius, Elize en Sune.

voncaues
voncaues on

Ons is ook in trane
Ons is saam met julle hier in die koue Gauteng ook in trane want ons kan net dink hoe het die seuns gesing om harte aan te raak! Manne: ons is SO trots op julle -woorde is net nie genoeg om dit te beskryf nie!
Ons hou styf duime vas!

Shaun en Merleen von Caues

ronelc
ronelc on

So dankbaar
Ons het nie woorde nie....
Wil net sê - LOOF DIE HERE!!!
Sterkte Manne.
Ronel Conradie

annatjie
annatjie on

JULLE IS PRAGTIG!!!
Liewe seuns, julle is pragtig en ons kan bars van trots. Baie, baie sterkte vir vandag en ook vir julle optredes verder aan. Ons wag in spanning. Jannus & Wikus - sexy hunks voor Hotel Academia - Luv ye lots.

Annatjie Potieter

juanita1
juanita1 on

Go Rooi Dasse!
Aan al die Affie jongmanne,Hannelize,Deon,Marieta, Zonika en die toerouers - julle is deurentyd in ons gedagtes en ons hoop dat dit vandag net so goed sal gaan soos gister. Dit klink assof dit 'n asemrowende belewenis is. Ons hou styf duimvas en weet dat jul affie guts die ding sal doen!

liefde

Reinier, Juanita, Danielle en klein Gustav Terblanche
Potchefstroom

esther_erasmus
esther_erasmus on

Sterkte!
Môre almal!
Was gister by die Cravenweek toe ons hoor julle het 'n fantastiese vertoning gelewer. Die opgewondenheid loop hoog by Klub600, en almal hou styf duimvas vir wat alles verder voorlê.

Wees verseker dat daar baie ondersteuners is wat nie seuns in die koor het nie, wat baie aan julle dink. Groete
Esther

lltowsen
lltowsen on

WOW!!!!!
Affies, Baie baie geluk met julle wonderlike prestasie. Ons is in trane!!
Ella Towsen

gregronell
gregronell on

Ons harte is vol!
Baie geluk met julle suksesse tot dusver. Ons is trots op julle en mamma verlang, Johan.
Groete
Greg, Ronell, Simone en Dylan

tertiusd
tertiusd on

If you're good, you're good
Julle het nie 'n idee hoe sms'e en seloproepe die rondte doen hier in SA nie. Ons is soos klein kindertjies opgewonde oor elke brokkie nuus. Die Here het julle al ongelooflik geseen. Ons dank Hom daarvoor. Nou is dit kophou en uithou vir die res van die kompetisie... En Hannelize en Gisela ... ons is spesiaal dankbaar vir wat julle vir die seuns beteken. Aan Dup en die res .... Sterkte met die dissipline vorentoe. Hulle gaan nou 'n handvol wees.
Groete uit 'n 10 grade C in Pta.

susangrobler
susangrobler on

Affie entrepeneurs
Baie geluk met julle prestasies om deur te gaan, maar sjoe: ek is baie meer TROTS op jul entrepeneursskap. Julle het geleer om vir julleself te sorg. Affies het tot nou pragtige jong manne opgelewer, maar dit vergelyk maar swak met die karakter van 2008 se seuns. Julle HET Affie guts. Tannie Blikskud.

Add Comment

Use this image in your site

Copy and paste this html: