Winter blyplek

Trip Start Unknown
1
9
18
Trip End Ongoing


Loading Map
Map your own trip!
Map Options
Show trip route
Hide lines
shadow

Flag of United States  , Texas
Wednesday, February 23, 2011

Ek moet julle vertel dat ons laas in SA so 'n bedrywige sosiale lewe gehad het soos ons hier het.  Die mense is so hartlik en ons word oral uitgenooi. "Bring your friends from Africa with you" Mens sou dink hulle wou sien watter kleur ons is.
Hulle het elke jaar in die klein dorpie Sattler - net hier om die draai - 'n byeenkoms vir al die winter Texans wat in al die kampe hier in die omgewing staan. Ons is ook soontoe en dit was baie lekker. Al die eetplekke in die omgewing het 'n stalletjie en jy kry 'n "sample" van elkeen se lekkerste gereg. Het lekker gekuier saam met die klomp en die aand was ons vir ete genooi by Emmit en Lorene. Sy is 'n bobaas kok en die lekkerste kos is vir ons voorgesit die aand. Vir nagereg - 'n pecan pie. Hulle is histeries oor hul pies (pasteie) Alle soorte soos peach/cherry/appel/pecan/strawberry &rubarb/ blueberry/chocolate/pumpkin en coconut cream pie. Daar is soveel soorte om van te kies - hul vulsels is net te dik.Mens kan nie so baie soet op een slag eet nie.
Een aand is ons ook vir cocktails genooi by Gary die enkelloper. Hy het 'n pragtige 40 vt
motorhome (bus) en hy is pynlik netjies. Ek wens julle kon die spread sien. Alles netjies uitgepak met verskillende soorte wyn en hy is die perfekte gasheer.
Eenmal 'n maand laai Rodney almal wat wil gaan in een van die kamp se bussies en dan neem hy ons na 'n lekker eetplek waar elkeen vir homself betaal en daarna na 'n country en western musiekaand in 'n saal. Almal mense van ons ouderdom en ook baie winter Texans en die "band" is ook ouermense en hulle speel die lekker musiek van ons tyd.
Dis die heerlikste aande. Jy vergeet van alles en klap hande en sing saam.
Die volgende potluck het Rodney vir ons hoender, varkribbetjie en van hul tuisgemaakte sausage voorgesit. Dit was weereens 'n heerlike aand en almal het dit so geniet.
Ek weet nie of daar nog kampe  hier rond is waar hulle (die eienaars) so baie doen vir hulle winter Texans nie.
Lorene se verjaardag was 3 Maart en wou iets eg SA's vir geskenk he. Ek en Awie bak toe 3 dosyn koeksisters (tannie Grieta se resep) in die karavaan met sy piepklein kombuis. Wys jou wat kan gedoen word. Sy was baie in haar skik met die geskenk.

Slideshow Report as Spam

Use this image in your site

Copy and paste this html: